Eredienste, Paasnaweek 2025

Ons nooi al die besoekers aan die Suidkus hartlik uit na ons eredienste hierdie Paasnaweek. Vrydag, 18 Apr Goeie Vrydag 09:00 Kollekte: Bybelverspreiding Sondag, 20 Apr Paassondag 09:00 Mag ons hierdie Paastyd weer opnuut herinner word aan Christus se opofferende liefde en mag ons uit dankbaarheid vir Sy groot offer, elke dag daarna streef om meer en meer in gehoorsaamheid aan God te leef.

Susterskuier, 08 Februarie 2025

Ons eerste susterskuier vir die jaar en wat ‘n heerlike geleentheid was dit nie! Die tafels was vrolik gedek en het gekreun van die eetgoed! Daar was ‘n bietjie erns, ‘n bietjie hartseer, baie dankbaarheid en tonne lag! Ons is op hoogte gebring van belangrike inligting van die bestuur se kant af, het gedeel in die swaarkry, oorwinning en geloof van iemand wat borskanker gehad het en toe het ons mekaar beter leer ken! Die kenmekaar was prettig met “musical chairs” oftewel kussing! Elkeen van…

Eredienstye vir Desember vakansie, 2024

GK Suidkus nooi alle vakansiegangers hartlik uit na ons eredienste, elke Sondag om 09:00 (h/v Colley en Bazley strate, Port Shepstone). Daar sal ook die volgende spesiale dienste wees: 16 Des Versoeningsdagdiens, 09:00 25 Des Kersdiens, 09:00 Kollektes vir beide dienste sal vir Bybelverspreiding gaan. Ons bid alle besoekers ‘n veilige reis en ‘n rustige vakansie toe.

Ons gemeente in 2024

So kom ons amper aan die einde van nog ‘n jaar – ‘n jaar vol vreugdes en hartseer, ‘n jaar van onsekerheid, maar ook ‘n jaar waarvan ons as gemeente kan getuig van God se ongelooflike sorg, liefde en seëninge! Ons gemeente is bevoorregd dat ds Abraham en Betsie Krüger die begin van die jaar by ons aangesluit het as ons hulpdienspredikantspaar en DV nog tot die einde van volgende jaar hier gaan wees.  Ons bid hul die seën van God toe op hul dienswerk in ons…

Eredienstye vir Maart 2024 vakansie

Baie welkom aan al die besoekers aan die pragtige Suidkus! Mag jul ‘n heerlike rustyd beleef.   Ons eredienstye vir die vakansie is soos volg: Sondae 09:00 Goeie Vrydag 09:00   Kontak gerus vir Liana Schutte by gksuidkus@gmail.com as u enige vrae het.   Geniet die vakansie!